Windmeul Kelder is alombekend vir uitsonderlike wyne wat spreek van die Paarl se enigmatiese terroir en op die proef gestel kan word in die ontspanne en informele atmosfeer van ons gesellige proelokaal. Ons filosofie is geskoei op ‘n kombinasie van toonaangewende wynmaaktegnieke en eeue-oue wysheid wat hand-aan-hand toegepas word in ons moderne kelder.
Die Parskuip Kontreimark is tot barstens toe vol met alles van plomp olywe en geurige speserye tot romerige kase en glinsterende konfyte. Hierdie permanente mark is ‘n tuiste vir die handgemaakte ware van ‘n verskeidenheid kleinhandelaars en bied ‘n oorvloed van plaaslike goedere wat op ‘n volhoubare wyse verbou word.