LANDELIKE elegansie

GERIEFLIKE ligging

MODERNE fasiliteite

Wanneer dit kom by ‘n waarlik betowerende en onvergeetlike sosiale geleentheid kan die belangrikheid van ligging en omgewing swaarlik oordryf word. Hiermee nooi ons jou om met jou volgende geleentheid ‘n heildronk te kom drink in die hartjie van een van die mees gewilde en bekroonde wynlande ter wêreld.

Windmeul Kelder het ‘n intieme funksielokaal wat doelontwerp is vir troues, privaat- en korporatiewe funksies, sowel as kleiner sosiale geleenthede. Die werkende kelder wat deel vorm van die agtergrond verleen ‘n warm, landelike atmosfeer aan enige geleentheid, terwyl die gerieflike ligging en moderne fasiliteite verseker dat alles seepglad verloop op logistieke front.

Ons funksielokaal het ‘n eiesoortige natuurlike afwerking wat dien as ‘n skoon bladsy waarop jou verbeelding die storie kan skryf. So of jy nou die troue van jou drome beplan, ‘n feestelike herdenking van stapel stuur of bloot op soek is na ‘n inspirerende ontmoetingsplek vir jou medewerkers, Windmeul Kelder staan reg om jou te ontvang.

Laai PDF af >