ONS geskiedenis

Windmeul Kelder is geleë teen die Noordelike lowergroen hange van Paarlberg in die hartjie van die Paarl se bekroonde wynlande. Die kelder is oorspronklik gestig in 1944 deur ‘n groep tafeldruifboere wat ‘n gedeelte van hul oes aan wynbereiding wou wei en ‘n koöperatiewe entiteit het ontwikkel tussen hierdie produsente en verskeie wynboere uit die Paarl-distrik.

Hoewel die kelder aanvanklik hoofsaaklik gedistilleerde en rabatwyne geproduseer het, het die onberispelike gehalte van die plaaslike terroir gelei tot eksperimentasie met wingerdboupraktyke en kultivar-ontwikkkeling. Vandag ontgin die kelder ‘n verskeidenheid goedversorgde wingerde wat die wynmaakspan toelaat om ‘n reeks uitsonderlike wyne te verbou wat beide plaaslik en internasionaal gereken word.

HOEKOM JUIS ‘N windmeul?

Die windmeul waaraan die kelder sy naam ontleen was gedurende die 1800s die spilpunt waar rondom ekonomiese aktiwiteit in die streek gewentel het en volgens oorlewering stellig die beste meul in die ganse Suid-Afrika. Ongelukkig bly daar vandag nie veel van die merkwaardige meul behoue nie, maar ons put steeds inspirasie uit die eerlike en ywerige arbeid van die vervloeë meulenaars en poog om ons handewerk te deurgrond met dieselfde sin van egtheid en deug.



EERLIKE WYNE VAN uitnemenheid

Windmeul Kelder is alombekend vir uitsonderlike wyne wat spreek van die Paarl se enigmatiese terroir en op die proef gestel kan word in die ontspanne en informele atmosfeer van ons gesellige proelokaal. Ons filosofie is geskoei op ‘n kombinasie van toonaangewende wynmaaktegnieke en eeue-oue wysheid wat hand-aan-hand toegepas word in ons moderne kelder. Hierdie benadering laat ons passievolle wynmaakspan toe om bekroonde wyne te ontgin uit die druiwe wat aan ons toevertrou word deur die hardwerkende wynboere wat hul wingerde so liefdevol versorg.