ONS wyne


By Windmeul Kelder glo ons dat wyn daar is om geniet te word, en daarom het ons ‘n verskeidenheid wyne ontwikkel wat aanklank vind by almal – van die toevallige wynliefhebber tot die mees kieskeurige fynproewer. Dit sluit in:

Die Reserve Reeks

Hierdie reeks dien as podium om ons wynmakers se ingebore kuns en passie ten toon te stel. Verwag 'n keur van gebalanseerde versnitte en eiesoortige enkel-kultivar wyne wat met 'n kennershand ontgin is vanuit uitgesoekte wingerde.

Die Wit Kelder Reeks

Die Wit Kelder Reeks dien as vertoonvenster vir ons wynmakers se uitmuntende tegniek. Ons streek se sterk wit kultivars neem hier die leiding - die wyne is bestendig en gewortel in ons legendariese erfenis, maar ontwikkel voortdurend in ooreenstemming met die leefstyl van ons kieskeurige verbruikers.

Die Rooi Kelder Reeks

Die Rooi Kelder Reeks is meer kompleks, maar steeds heerlik drinkbaar en gulhartig, en dien as inleiding tot wyne van 'n meer diepgaande aard. Aanloklik dog toeganklik, boeiend dog outentiek - 'n reeks mediumvol wyne wat by uitstek ontwikkel is om die unieke eienskappe van elke kultivar in die kalklig te plaas.

Die Mill Reeks

Hierdie bekostigbare versameling is doelverbou met die begroting-bewuste wynliefhebber in gedagte. Die wyne wat daarvan deel vorm is goed gebalanseerd, toeganklik, heerlik vrugtig en maatpas vir 'n alledaagse kelkie.

Die Gefortifiseerde Reeks

Die trotse geskiedenis van gefortifiseerde wyne strek wêreldwyd meer as 2000 jaar terug. Ons bou voort op hierdie roemryke erfenis met ‘n reeks gefortifiseerde wyne wat spreek van weelderige ryp vrug en aanloklike seder-aromas. Ideaal vir 'n reënerige aandjie langs 'n knetterde kaggelvuur.