PARSKUIP

Kontreimark

Die Parskuip Kontreimark is tot barstens toe vol met alles van plomp olywe en geurige speserye tot romerige kase en glinsterende konfyte. Hierdie permanente mark is ‘n tuiste vir die handgemaakte ware van ‘n verskeidenheid kleinhandelaars en bied ‘n oorvloed van plaaslike goedere wat op ‘n volhoubare wyse verbou word.

Die winkel is daagliks oop en dien as vertoonvenster vir ‘n verskeidenheid goedere wat plaaslik geskep word – van varsgebakte brode en fynbos-heuning tot ingelegde lekkernye en kwinksinnige tierlantyne. Kies ‘n paar plaaslike bestanddele om by die huis mee te eksperimenteer. Dis ook die aangewese plek om te kom loer vir ‘n geskenk!