Waterblommetjie Fees

 
Ingang: Can per Car ‐ ‘n Blikkie kos dien as jou kaartjie tot die fees. Hierdie blikkies kos word geskenk aan The Haven Night Shelter Paarl.  
 
2016 merk die agste Waterblommetjiefees. Aangebied deur Windmeul Kelder en Rhebokskloof in die verlede, verwelkom Under Oaks wat vir die eerste keer hierdie jaar saam fees vier. Waterblommetjie groei soos enige ander plant stadig in kouer winterweer en kom tot sy reg in middel Augustus. Die waterblommetjie damme is ongeveer 1 meter diep om die plukproses makliker te maak. Hierdie Bolandse gereg word deeglik gevier saam met die Paarlse wynkelders Windmeul, Rhebokskloof en Under Oaks.  
 
Windmeul Kelder beoog om feesgangers ‘n alternatiewe maniere te wys om waterblommetjies voor te berei buiten die waterblommetjie bredie. Die Waterblommetjie Potjiekoskompetisie vind weer by Windmeul plaas en die wenners word aangekondig nadat die beoordelaars deeglik geproe het. Skryf in deur ‘n epos te stuur na liza@windmeul.com en staan kans om R 2000 (1ste plek), R 1000 (2de plek) of R 500 (3de plek) se Windmeul wyne te wen met jou potjie!  
 
Vermaak sluit in live musiek, kindervermaak, en vir die fikse persoon, ‘n 5km & 10km pretdraf vanaf die kelder, gereël deur Run The Vines. Die fees val ook saam met die kelder se maandelikse plaasmark. Skop dus die dag af met ‘n plaasontbyt en sluit f met ‘n glas wyn in die een hand en ‘n Waterblommetjie gereg in die ander.    
 
 
Waterblommetjie Fees program 2016:
08h00 – 16h00: Waterblommetjie Fees
08h00 – 12h30: Plaasmark
08h00 – 11h00: Plaas Ontbyt
08h00 – 14h30: Waterblommetjie Potjiekos Kompetisie
08h00 – 11h00: Run the Vines (5km & 10km)
09h00 – 16h00: Wynverkope (10% Afslag op wyn aankope)
12h00 – 14h30: Beoordeling van Potjiekos en Deelnemers se stalletjies
10h00 – 16h00: Live Music
10h00 – 16h00: Springkasteel en Petting Zoo