Windmeul Kelder word 75 jaar:

Windmeul Kelder word 75 jaar:

Toe Windmeul Kelder op 4 September 1944 gestig is, het daar regtig ‘n windmeul bestaan! Vandaar die naam, want dis gebruik om meel te maal in die oud dae.

Onlangs het die bekende wynkelder en landmark langs die R44 buite die Paarl sy 75ste bestaansjaar met ‘n spogdinee in die kelder gevier. Dit was ‘n feestelike geleentheid, want slegs ‘n paar dae vanteore is Windmeul Kelder deur die engelse wynskrywer, Tim Atkin, as die top kooperatiewe kelder vir 2019 in Suid -Afrika aangewys.

Richard Rushton, bestuurende direkteur van Distell, het as gasspreker wyse woorde oor die bedryf en Suid-Afrika uitgespreek. Hy het gewys op die rol van besighede wat soos die regering hulle rol ten volle moet vervul in die sakewêreld. Oor die jarelange verbintenis van Distell met Windmeul Kelder het hy gesê:” I wanted to acknowledge the 75 years of heritage which Windmeul has built over time,testing character and skills which naturally lead to resilience. These are qualities we should all possess especially if we are to succeed in South Africa today.” Baie gepas het Distell ook ‘n pragtige geraamde spieël aan die direksie en bestuur van Windmeul Kelder oorhandig,

Windmeul Kelder het 75 jaar gelede met 25 lede en 1700 ton begin,’n kelder vir R15 000 gebou in 1945 en die eerste keer gepars in 1946! Vandag is daar 32 lede en hulle pars 13 500 ton.

Sedert 1964 was daar net drie hoofbestuur-wynmakers aan die stuur van sake, wat ook ‘n aanduiding is van die stabiliteit van die bestuur en die kwaliteit van die wyne wat hier geproduseer word. Berhard Luttig was 30 jaar lank in die pos ,voordat Hein Koegelenberg by hom oorgeneem het in 1944. Hein het toe reeds 10 jaar lank saam Berhard wyn gemaak. Danie Marais, die huidige bestuurder-wynmaker is al vir 20 jaar aan die stuur van sake by die kelder.

Nog een van die hoogtepunte van die fees dinee was die aankondiging van die beste wingerdblok en produsent van die jaar. Die trofee vir die 2019 Produsent van die Jaar is aan Albert en Deon Kotze van Otterkuil Boerdery toegeken,terwyl die wenner van die Blok van die Jaar toegeken is aan Eduard Malan van die plaas Middelpos in Wellington. Sy bestuurder is Christiaan Botma.

Windmeul Kelder het deur die jare homself bewys vir die uitmuntende Chenin Blanc wyne wat daar gemaak is en dis weereens bewys met die dubbel goud Veritas toekenning vir die 2019 Chenin Blanc oesjaar. Windmeul Kelder se Pinotage spog al vir baie jare met sy gereelde Top Tien Pinotage wen wyne.



close-link

WE ARE IN THIS TOGETHER

"Due to Government restrictions, as of the 12th of July, we can no longer process or deliver Wine orders until such time specified. 
Please contact wines@windmeul.com for any queries or questions"

We look forward to welcoming you back, but for the time being it is our sincere hope that you and your families stay safe and well.

- Windmeul Kelder Team

Nkosi Sikelel’ iAfrica | God bless South Africa | God seën Suid-Afrika.
close-image